Hoërskool Heilbron streef na uitnemendheid op akademiese-, kultuur- en sportgebied. Hier is elke kind vir ons belangrik en word as individu hanteer. Deur ‘n ervare personeel word elke kind binne ‘n rustige plattelandse omgewing gelei om sy volle potensiaal te ontwikkel.
Hoërskool Heilbron se fokus is op Akademie en ‘n gesonde leeromgewing. Onderwysers is passievol oor hul vakke, en verskeie faktore dra by tot die bereiking van hierdie doel. Dit is ons doel om elke kind se kennis en vaardighede uit te brei, sodat elkeen hul volle potensiaal kan bereik en voorberei kan word om na skool ‘n aanpasbare, maar tog uitstaande individu te wees wat kan bydra tot enige gemeenskap. Hoërskool Heilbron bied ‘n wye verskeidenheid van vakke aan leerders, en ons spog met ‘n 100% matriekslaagsyfer vir die afgelope 27 jaar.
Ouers/voogde kan aansoek doen om vermindering van skoolfonds wat op ‘n glyskaal bereken word. Leerlinge kry op grond van meriete prestasies afslag op skoolfonds.
Die Groentjie konsert 2018, was nou vir jou 'n 'Show'. Het dit so geniet. Al daai jonges het dit met hul hele hart gedoen en mens kon sien hulle het dit geniet. Trots om deel van die skool te wees
Ek het die skool verlaat in 1971. Toe was dit nog WP Hoërskool. Wolmarans was toe die hoof gewees. Groetnis
Wow ons wag vir senior klub rugby (Oosrand van Johannesbug) om te begin en was byvoorreg om die eerste span in aksie te sien. Sing van skoollied na wedstryd is awesome, skool om op trots te wees. Sterkte en behou Afrikaans
Beste skool met die beste onnies jul stay awesome
Rated 5 out of 5
Nuusbriewe 2023-2024
Roosters 2024
Eksamen Rooster Aug/Sept 2023
ALUMNI FONDS
Klop jou hart groen vir Heilbron?
Ondersteun Hoërskool Heilbron om meer as net goeie herinneringe te laat voortleef. Jou bydrae sal help om ons skool in werklikheid suksesvol te laat voortbou en vlerke te gee vir die drome van ons kinders.