Spogtalent by Bronnies

Bronnies wys spogtalent op die verhoog. ????

Tydens die onlangse Kunstefees wat te Laerskool Drie Riviere aangebied is, het Bronnies gewys dat ons net so goed in kultuur as enige ander terein vaar.

Chrizette Greeff, Tanike Claasen en Elzeri Combrink het ‘n A+ vir hul gedramatiseerde prosa-stuk ontvang.

Elsené van der Merwe en Leandri Els het in dieselfde afdeling ook ‘n A+ verwerf. ????

Hierdie Bronnies het gewys dat hul gereed is om eendag die televisie oor te neem!

Mev. Alta Hattingh het hul afgerig en seker gemaak dat hul verhooggereed was vir die kunstefees.

ALUMNI FONDS

Klop jou hart groen vir Heilbron?

Ondersteun Hoërskool Heilbron om meer as net goeie herinneringe te laat voortleef. Jou bydrae sal help om ons skool in werklikheid suksesvol te laat voortbou en vlerke te gee vir die drome van ons kinders.