Graad R en 1 opedag

Graad R en 1 opedag ????

Ons nuwe graad R en graad 1 maatjies van 2024 het vandag kom kuier. Die maats het hulle juffrouens ontmoet, hulle klasse gesien, lekker saam met tannie Popcorn gesing en dans en geoefen vir die bokkesport.

Bronnies sien baie uit om julle elkeen te verwelkom ????

ALUMNI FONDS

Klop jou hart groen vir Heilbron?

Ondersteun Hoërskool Heilbron om meer as net goeie herinneringe te laat voortleef. Jou bydrae sal help om ons skool in werklikheid suksesvol te laat voortbou en vlerke te gee vir die drome van ons kinders.