-
Tel: 058 852 3007/54
-
E-pos: hsheilbron@heilbron.co.za
-
Adres: Posbus 132, Heilbron, 9650
Oor Ons
sedert 1996
In 1996 smelt twee trotse skole saam: Hoërskool Willem Pretorius en Laerskool Vegkop. In 1997 word Hoërskool Heilbron as gekombineerde skool se eerste skoolhoof aangestel. Sedertdien groei Hoërskool Heilbron se getalle en trek ons kinders van regoor die streek en verskeie nabygeleë dorpe. In 2023 word Hoërskool Heilbron se tweede amptelike skoolhoof aangestel en koester ons spesiale herinneringe en bou voort op mooi en nuwe tradisies.
Ons misie en visie
Ons visie
Die verskaffing van kwaliteit en relevante onderrig met ‘n Christelike grondslag wat deur medium van Afrikaans voorsien word om sodoende gebalanseerde, gedissiplineerde leerlinge te vorm wat as verantwoordelike landsburgers hul plek in die samelewing sal kan volstaan.
Ons missie
Die visie sal nagestreef word deur:
- goedopgeleide opvoeders aan te stel en te ontwikkel
- leerlinge aan te moedig om aan sport- en kultuuraktiwiteite deel te neem en daarin te presteer
- die daarstelling van ‘n hoë akademiese standard
- die bewusmaking van ouers en die gemeenskap om hul verantwoordelikheid en betrokkenheid in die opvoedingsproses teenoor die skool na te kom
- die skep en uitbouing van die nodige fisiese hulpbronne
- ‘n Christelike etos, karakter te bou.
- verantwoordelike bestuur deur die Beheerliggaam en ander onderwyskundige bestuur.
LENTEHOFKOSHUIS
Lentehof Koshuis wil ‘n tweede tuiste vir leerders skep – ‘n plek waar hulle veilig is, geborge en gelukkig voel, pret kan hê en lewenslange vriende kan maak. Lentehof het plek vir 50 inwoners en dus heers daar ‘n “familie-gevoel”. Onderwyspersoneel doen diens en is verantwoordelik vir die leerders se dissipline, studie en algemene welstand. Vasgestelde studie-ure verseker dat skoolwerk nie agterweë bly nie. Die koshuis is stapafstand van die skool. Hier, in Lentehof Koshuis maak ons tyd en plek vir pret en plesier. Dit is immers die koshuispret wat baie jare later onthou word
DOELSTELLINGS VAN DIE SKOOL
Konsekwente Dissipline
Deur die blootstelling van konsekwente dissipline, wil ons die leerders voorberei om die uitdagings wat ‘n veranderende toekoms inhou, met vertroue tegemoet te gaan.
Gemeenskaplike morele waardes
Ons gee erkenning aan die interafhanklikheid van die skool en die gemeensakap asook aan die handhawing van gemeenskaplike morele waardes en standaarde.
‘n Gevoel van trots
Ons skool wil ‘n gevoel van trots by die personeel, leerders en ouers skep deur ons toekomstige ontwikkeling te grondves op die tradisies van die verlede.
Ontmoet die Span
Ons personeel is vakspesialiste en huiwer nie om hul kennis te verskerp en uit te brei nie. Die onderwysspan bestaan uit ‘n uitstekende kombinasie van ervaring en energie, wysheid en passie. Hulle stap die ekstra myl binne en buite die klaskamer. Die personeel werk as ‘n gedugte span en is natuurlik entoesiasties oor die jeug. Ons personeel sien die onderwys nie net as ‘n loopbaan nie, maar ‘n geleentheid om Christenskap en naasteliefde uit te leef.
Skoolhoof
Wiskunde
Johnny van der Merwe
sekondêre departementshoof
Verbruikerstudies & Lewensvaardighede
Elsabé van der Merwe
Grondslagfase Departementshoof
Graad 1
Monica Roux
Finansies
Sarina Matthee
Assistent
Graad R
Tharina van Wyngaard
Onderwyser
Graad R
Annari van Dorssen
Onderwyser
Graad 1
Winnie Meiring
Onderwyser
Graad 2
Christel Schoeman
Onderwyser
Graad 2
Linette Rheeder
Onderwyser
Graad 3
Lumé Strydom
Onderwyser
Graad 3
Suzilda Muller
Onderwyser
Engels
Tanya van Rooyen
Onderwyser
Natuurweteskappe en Lewenswetenskappe
Maryna Gouws
Onderwyser
Wiskundige Geletterdheid & Wiskunde
Salomie Viljoen
Onderwyser
Afrikaans & Engels
Monique Terblanche
Onderwyser
Engels
Henriëtte Janse van Rensburg
Onderwyser
Landbouprakties & IGO
Wessel Pieters
Onderwyser
Musiek
Ingrid Brayshaw
Onderwyser
Afrikaans
Marina van Zyl
Onderwyser
Lewensoriëntering, Lewensvaardighede en Natuurwetenskappe
Nicolette Myburgh
Onderwyser
Wiskunde & Fisiese Wetenskappe
Mariaan Mouton
Onderwyser
Geografie & Sosiale Wetenskappe
Lize-Marie de Witt
Onderwyser
Tegnologie & Sosiale Wetenskappe
Luané Briers
Onderwyser
Afrikaans
Sunelle Claassen
Onderwyser
Wiskunde
Danelle de Vos
Ontvangs en Administrasie
Liz-Mari Myburgh
Onderwyser
RTT en Kuns
Leanrie van Vuuren
Onderwyser
Rekeningkunde en EBW
Danie Coetzer
Onderwyser
Natuurwetenskap, Landbou en Wiskunde
Graimund Grant
Sport
By Hoërskool Heilbron glo ons dat betrokkenheid tot sukses lei. Hoërskool Heilbron ry duisende kilometers en doen onmisbare moeite om geleenthede te skep vir elke Bronnie om êrens buite die klas in te pas, te ontwikkel en om kompeterend sport te beoefen. ‘n Gebalanseerde Bronnie is ‘n gelukkige Bronnie!
Sosiaal, kultuur & Koshuis
Vir ‘n goed-afgeronde opvoeding is kultuur nodig om ons leerders se verwysingsraamwerk te verbreed, en ons is uitsonderlik trots op ons kultuur prestasies – van redenaars wat wenners lewer op nasionale vlak, tot dramaleerlinge wat goue toekennings verower op die feeste waaraan ons deelneem, musiektalentontwikkeling, en ‘n revue wat reuse gehore betower.
